Die Goedkoop Namaaksel van Kersfees

2 Korintiërs 4:3,4 As die evangelie wat ons verkondig, tog nog met 'n sluier bedek is, is dit bedek net vir dié wat verlore gaan. Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is.Vandag sal kinders dwarsoor die wêreld 'n glas melk en ‘n paar koekies vir Kersvader regsit, met die hoop dat hy oornag geskenke onder die boom sal neersit.Ag tog! Dit is miskien pret, maar jy kan jou nie 'n tradisie voorstel wat (a) orals oor die hele wêreld voorkom en (b) verder van die waarheid verwyder is as dit waaroor kersviering werklik gaan nie.Ons doen die vreemdste dinge, ons mense. Ons neem die wonderlikste geskenk van God aan die hele mensdom; sy Seun wat ons van ons sondes kom red, en ons verander dit in 'n goedkoop namaaksel; 'n viering wat vir baie gesinne 'n groter las as 'n viering is.Ons verruil diamante vir klippe. Ons ignoreer die wonderlike erns van Kersfees. Waarom doen ons dit keer op keer?2 Korintiërs 4: 3,4 As die evangelie wat ons verkondig, tog nog met 'n sluier bedek is, is dit bedek net vir dié wat verlore gaan. Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is.Die rede waarom die samelewing die wonderlike waarheid van Kersfees afgewater en verdraai het, is omdat hulle nie die lig gesien het nie; omdat hulle Jesus nie ken nie; omdat die idee dat Hy is, wie Hy sê Hy is, te konfronterend is. Dit is die rede waarom Kersfees gaan oor versiersels en bome, flikkerligte en Vader Kersfees, in plaas van Christus self. Is daar werklik iets verkeerd hiermee? Waarskynlik nie, maar as dít is wat Kersfees vir ons beteken, dan het ons die bal heeltemal misgeslaan.Kersfees gaan alles oor Jesus, wat vir jou na hierdie aarde gestuur is.Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLYSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.