Die Nederige Koning

Sagaria 9:9 Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is 'n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op 'n donkie, op die hingsvul van 'n donkie.Alhoewel 'vryheid' nie 'n woord is wat ons gewoonlik met Kersfees assosieer nie, vorm dit die kern van die Kersverhaal.God se uitverkore volk het op die stadium toe Jesus gebore is, al vergeet hoe dit voel om ‘n goeie koning te hê.Ons kan vandag baie lekker mor en kla oor ons regering, maar die arme Israeliete was toe Jesus gebore is, al vir eeue lank onder die tirannieke Romeinse bewind. Om dit erger te maak was koning Herodes wat oor Judea geheers het, ‘n bondgenoot van die Romeine.Maar kyk wat het die profeet Sagaria reeds eeue tevore oor die koms van 'n ander koning voorspel:Sagaria 9: 9 Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is 'n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op 'n donkie, op die hingsvul van 'n donkie.Jesus was inderdaad 'n heel ander soort koning vir Israel. Hy was 'n goeie koning, 'n nederige koning. Hy is nie net in 'n nederige stal in Bethlehem gebore nie, maar Hy het drie dekades later, op pad na die Kruis, op 'n donkie gery, wat simboliseer dat Hy nederig en in vrede die stad binnekom.Wanneer ons Hom die Koning en die Here van ons lewe maak, dan ontdek ons vryheid. Vryheid van die tirannieke heerskappy van ons sonde. Vryheid van die leuens van hierdie wêreld. Vryheid om te wees wie Hy ons gemaak het deur die oorwinning wat Hy behaal het.Jesus, die goeie Koning, die nederige Koning. Hy het gekom om jou vry te maak.Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLYSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.