God het Hierdie Sondige Wêreld Lief

Johannes 3:16 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.Waarom het Jesus na hierdie aarde gekom? Waarom vier ons oor 'n week sy koms na die wêreld in die vorm van Kersfees? Hoekom?Die afgelope paar dae het ons gesien dat die doel van Jesus se koms na hierdie aarde was om ons in die koninkryk van God in te lei, en die enigste manier om daardie koninkryk binne te gaan, is om wedergebore te word deur 'n radikale bekering (gebore uit water) en om 'n nuwe lewe te lei (d.w.s uit die Gees gebore te word).Dit gebeur as ons glo dat Jesus gesterf het om ons sonde weg te neem en dat Hy weer opgestaan het om ons ‘n nuwe lewe te gee. Maar hoekom het God Jesus, sy Seun, na hierdie aarde gestuur? Hier is die antwoord in:Johannes 3:16 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. Dit is natuurlik vir baie mense ‘n bekende gedeelte, maar weet ons regtig wat dit beteken?Die Griekse woord wat gebruik word vir ‘wêreld’ is 'kosmos'. Dit word 186 keer in die Nuwe Testament gebruik, en elke keer verteenwoordig dit wêreldsheid; sondigheid. Een kommentator skryf: Dis indrukwekkend!  God is lief vir 'n sondige wêreld.Ja! God het die sondaar lief. Dit is nie ten spyte van ons sonde dat Christus ons kom red het nie, dit is as gevolg van ons sonde. Daar is 'n massiewe verskil. En die verskil is liefde. 'n Liefde so groot dat dit heeltemal onbegryplik is. Dit is God se motivering. Dis hoekom. En as jy in Jesus glo; as jy werklik met jou hele wese glo, dan sal jy nie verlore gaan nie; jy het reeds die ewige lewe ontvang. Is jy wedergebore?Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLYSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.