God Stry Saam Met Jou

2 Tessalonisense 3:5 Mag die Here julle hele lewe instel op God se liefde en die volharding wat Christus aan ons gee.(NLV)Ons het gister gesien hoe vurig die aanval van die duisternis op jou sal neerreën wanneer jy besluit om die regte dinge in plaas van die verkeerde te doen; met ander woorde, om jou daarvan te bekeer. Maar daar is 'n oplossing. Isaac Newton se derde bewegingswet bepaal dat daar vir elke aksie 'n gelyke en teenoorgestelde reaksie is. Weet jy, dieselfde is waar op geestelike gebied. Wanneer ons besluit om weg te draai van dít wat ons weet verkeerd is, sal die duiwel beslis agter ons aankom om ons weer na die sonde te probeer terugsleep. Daarom is die gedeelte waarna ons gister gekyk het so belangrik:2 Tessalonisense 3: 3,4 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar. Verder gee die Here ons sekerheid oor julle, dat julle dit wat ons vra, doen en sál doen.God stry saam met jou; Hy versterk jou en Hy beskerm  jou... daarom kan jy jou uitdaging met absolute vertroue aanpak. Ons lees wat die apostel Paulus aan sy vriende in die gemeente van Tessalonika skryf in:2 Tessalonisense 3: 5 Mag die Here julle hele lewe instel op God se liefde en die volharding wat Christus aan ons gee.Hy en sy span het gebid dat hulle standvastig in hul stryd sal wees, God bo alles in hul lewens sal stel en God sal eer. Hulle bid dat hul vriende die liefde van God in hulle harte sal ervaar en dat hulle sal onthou hoe Jesus doelgerig vir hulle na die Kruis gegaan het.En dit ... dit is ook my gebed vir jou. Mag jy met geloof vasstaan in jou bekering. Mag die Heilige Gees jou hart vul met die liefde van God en jou voortdurend herinner aan Christus se trou. Dit is sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLYSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.