Goddelike Afsprake

Johannes 4:3-8 Toe Jesus dit verneem, het Hy Judea verlaat en weer na Galilea toe gegaan. Hy moes deur Samaria gaan. Hy kom toe by 'n dorp in Samaria met die naam Sigar, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het. Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag. Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.” Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop.Daar is tye in die lewe wanneer jy ontdek dat gewone, alledaagse gebeurtenisse goddelike afsprake was. En as ons oë en ore oop is, beleef ons goddelike afsprake baie meer gereeld.Jesus het dikwels sulke goddelike afsprake gehad. Ons sien in:Johannes 4: 3 tot 8 Toe Jesus dit verneem, het Hy Judea verlaat en weer na Galilea toe gegaan. Hy moes deur Samaria gaan. Hy kom toe by 'n dorp in Samaria met die naam Sigar, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het. Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag. Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.” Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop.Jesus wou die potensiële konflik tussen Hom en die Judeërs vermy en het deur Samaria gereis. Die Jode en die Samaritane het nie goed klaargekom nie. So gebeur dit toe dat Jesus alleen by 'n put sit, toe 'n Samaritaanse vrou kom water skep. Hy was moeg en honger, maar Hy het in sy Gees geweet dat dit 'n goddelike afspraak was. Ons sal meer hieroor praat gedurende die res van die week. Ek wil net stilstaan by die feit dat Jesus die geleentheid aangegryp het. Een kommentator stel dit so...Iemand met ‘n dienende hart verstaan hoe kosbaar elke mens se lewe is. Dit is 'n ontnugterende besef dat ons nooit met 'n blote sterfling praat nie. Nee, nooit nie! Almal wat ons ontmoet, sal ewig lewe, óf as 'n glorieryke wese óf as 'n verskriklike verlore siel. Die dienende hart verstaan dit en behandel alle ontmoetings met respek.Hou jou oë en ore oop. Moenie die goddelike afsprake misloop nie.Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLYSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.