Het Jy Jou Geskenke Gereed?

Jakobus 1:17 Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.As jy eerlik wil wees, is die tradisie om geskenke onder die kersboom te sit, 'n vreemde manier om die geboorte van Jesus te herdenk. Regtig vreemd.Ons het dit almal gedoen, nie waar nie? Ons het ook al in die dae voor Kersfees rondgeskarrel om geskenke te koop. En dan was daar altyd sekere mense vir wie jy gesukkel het om die regte geskenk voor uit te kies. Dit was gewoonlik 'n man. Dis soveel makliker om iets vir ‘n vrou te koop, nè? Hoekom dink ons nie daaraan om te vra hoekom ons dit doen nie? Waarom vier ons Kersfees deur die koop van geskenke waarop ons dikwels geld spandeer op dinge wat die mense vir wie ons dit koop, nie nodig het nie, en waarvoor ons dikwels nie die geld het nie?Die rede is dat ons die grootste geskenk wat ooit aan die mensdom gegee is, vier: Jesus, die Seun van God, wat vir ons gegee is, sodat ons kan lewe. Jakobus 1:17 Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.Dis nou nie 'n vers wat ons tradisioneel met Kersfees sal assosieer nie, maar wat my hieraan laat dink het, is die feit dat God nooit verander nie. Hy is altyd dieselfde. Hy het die hele skepping aan ons gegee, sodat ons daaroor kan heers. Ongelukkig hoef jy nie baie ver te kyk om te sien hoe ons dit verwoes het nie.Ons het ons rug op hierdie vrygewige God gedraai, en toe stuur Hy sy Seun, Jesus, om ons te red. Die grootste geskenk wat ooit aan die mensdom gegee is. Die grootste geskenk wat ooit aan ons gegee is.Dink aan Jesus wanneer jy die geskenke onder die boom oopmaak. Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLYSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.