Maak Jou Hart Groter Oop

Johannes 4:39-42 Baie van die Samaritane in daardie dorp het tot geloof in Jesus gekom op grond van die woorde van die vrou wat getuig het: “Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.” Toe die Samaritane by Hom kom, het hulle by Hom daarop aangedring om by hulle te bly. Hy het twee dae daar gebly. Nog baie meer van hulle het toe tot geloof in Hom gekom op grond van wat Hy gesê het; en hulle het vir die vrou gesê: “Ons glo nie meer op grond van wat jy vertel het nie, want ons het self na Hom geluister, en ons weet dat Hy waarlik die Verlosser van die wêreld is.”Die afgelope paar dae het ons gesels oor die bereidheid van 'n moeë, honger Jesus om oor die kulturele kloof tussen Jode en Samaritane te stap en om God se liefde met hierdie vrou by die put te deel.Ek weet nie van jou nie, maar ek vind dit baie maklik om myself fisies, sowel as emosioneel, te onttrek van mense wanneer hulle van my verskil. Dit is baie veiliger om onsself in ons eie ruimte te omring met diegene wat met ons saamstem, as om uit te reik na die ‘sondaars’ daar buite. Is dit nie waar nie?En tog het Jesus se bereidwilligheid om verskeie kulturele grense oor te steek deur met die vrou by die put te praat, baie meer vrug opgelewer. Ons sien in: Johannes 4: 39 - 42 Baie van die Samaritane in daardie dorp het tot geloof in Jesus gekom op grond van die woorde van die vrou wat getuig het: “Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.” Toe die Samaritane by Hom kom, het hulle by Hom daarop aangedring om by hulle te bly. Hy het twee dae daar gebly. Nog baie meer van hulle het toe tot geloof in Hom gekom op grond van wat Hy gesê het; en hulle het vir die vrou gesê: “Ons glo nie meer op grond van wat jy vertel het nie, want ons het self na Hom geluister, en ons weet dat Hy waarlik die Verlosser van die wêreld is.” Ja, ek weet, ons kan die veilige ding doen en knus in ons eie kringetjie bly, maar weet jy, ons sal nooit die groot - groot – impak, wat God deur ons wou bereik, maak nie. Aan die anderkant kan ons kwesbaar word, ons harte oopmaak - al is ons moeg, dors en honger. Dan sal ons die Gees van God sien beweeg op wonderbaarlike maniere wat ons ons nooit sou kon voorstel nie.Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLYSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.