Moeg en Dors

Johannes 4:6-8 Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag.Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.” Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop.Stel jouself hierdie situasie voor: Jy is op reis. Jy is dors, jy is moeg en al wat jy wil doen, is rus. En dan kom God met nog een van sy goddelike afsprake. Fantasties! Jy het dit regtig nie nou nodig nie, nè?Ek onthou dat ek in 2016 in Rwanda was. Ek was pas klaar met twee volle dae se opleiding vir ongeveer veertig radio- en televisiestasies van dwarsoor Afrika. Ek was uitgeput. Al wat ek wou doen, was om stilweg na my kamer te sluip, in 'n bolletjie op te rol en te slaap. Maar nee! Joseph, ons Afrika-direkteur, het 'n ete gereël by 'n jong Rwandese vrou, Brenda, wat hy die vorige jaar op 'n konferensie in Indonesië ontmoet het, se ouers.Klink dit ingewikkeld? Dit was. En ek was, om die minste te sê, ontsteld, toe ons die aand byna 'n uur lank op pad na hulle huis in Kigali, agter-in 'n vierwielaangedrewe voertuig oor berge en dale rond geskud was. Wat daarna gevolg het, was een van die geseëndste tye van bediening, wat ek nog ooit beleef het.Om 'n lang storie kort te knip, die jong vrou, Brenda, is nou 'n belangrike deel van ons bediening in Afrika. God het wonderlike dinge deur haar gedoen en Hy sal ongetwyfeld aanhou om dit te doen. Goddelike afsprake is nie altyd gerieflik nie.Kom ons kyk weer na:Johannes 4: 6 tot 8 Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag. Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.” Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop. Jesus was moeg, Hy was dors en Hy was honger. Maar sy Vader in die hemel het 'n goddelike afspraak gehad wat op Hom wag.Goddelike afsprake is nie altyd gerieflik nie!Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLYSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.