Daar’s ‘n Wedloop Wat Voorlê

Filippense 3:14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus. Nouja, terwyl jy gereed maak om die nuwe jaar aan te durf, mag ek jou vra, waar is die wenpaal vir jou? Wanneer sal jou wedloop verby wees?Miskien dink jy dis 'n bietjie vreemd vir ons om oor 'n eindpunt te praat, terwyl ons eintlik net gereed maak om na volgende jaar se wegspringblok te stap. Maar kom ons wees realisties. Ons het elkeen 'n eindpunt voor en die meeste van ons het geen benul van wanneer en waar dit gaan kom nie.En dan gaan ons vrolik voort asof daar nie 'n eindpunt vir ons wedloop hier op aarde bestaan nie. Maar daar is baie beslis ‘n eindpunt: ons liggaam sal finaal ingee, of Jesus sal terugkeer … watter een ook al eerste kom.Dink mooi. Wat gaan jy tussen nou en jou eindpunt doen? Hoe gaan jy jou wedloop hardloop? Sal jy vasgevang word in die bekommernisse en die eise van hierdie wêreld, of sal jy fokus op die prys wat voorlê? Kom ons fokus dan gedurende die volgende jaar net daarop - aangesien ons eindpunt ons enige tyd kan verras. Hoe gaan jy volgende jaar jou wedloop hardloop? Kyk wat skryf die apostel Paulus in:Filippense 3:14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.God bied vir jou 'n wonderlike lewe; van nou af tot in alle ewigheid. Bly gefokus, hardloop met krag na die wenstreep, offer, dien, eer, verheerlik jou God. Want die prys – die ewige lewe in Christus Jesus – is absoluut die moeite werd.Hou aan om te hardloop.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.