Die Belofte van Kersfees

2 Samuel 7:12-16 Wanneer jy te sterwe kom en jy by jou voorvaders rus, sal Ek een van jou nageslag, jou eie seun, koning maak en aan hom 'n bestendige koningskap gee. Hy sal vir my Naam 'n huis bou, en Ek sal sy koningskap vir altyd laat voortbestaan. Ek sal vir hom 'n vader wees en hy sal vir My 'n seun wees. As hy ontrou is, sal Ek mense gebruik om hom te straf, hom te kasty. Maar my trou sal Ek nie aan hom onttrek soos Ek dit aan Saul onttrek het om vir jou plek te maak nie. Jou koningshuis en jou koningskap sal vir altyd vas staan; jou troon sal altyd voortbestaan.” Die koms van Jesus na hierdie wêreld was nie naastenby soos die Kersfees wat ons volgende week gaan vier nie. Dit was in misterie en raiselagtigheid gehul.God het sy uitverkore volk, Israel, vir meer as 'n duisend jaar vantevore reeds vertel van hierdie Verlosser wat Hy eendag vir hulle sou stuur. Talle profete het sy koms voorspel. En toe hulle Verlosser kom, het hulle dit heeltemal gemis, omdat hulle 'n sterk krygsman-koning, wat hulle van die Romeinse besetting sou verlos, verwag het.Hier is net een van daardie voorspellings deur die profeet Samuel aan koning Dawid, reeds ‘n duisend jaar voor Jesus se geboorte: 2 Samuel 7:12-16 Wanneer jy te sterwe kom en jy by jou voorvaders rus, sal Ek een van jou nageslag, jou eie seun, koning maak en aan hom 'n bestendige koningskap gee. Hy sal vir my Naam 'n huis bou, en Ek sal sy koningskap vir altyd laat voortbestaan. Ek sal vir hom 'n vader wees en hy sal vir My 'n seun wees. As hy ontrou is, sal Ek mense gebruik om hom te straf, hom te kasty. Maar my trou sal Ek nie aan hom onttrek soos Ek dit aan Saul onttrek het om vir jou plek te maak nie. Jou koningshuis en jou koningskap sal vir altyd vas staan; jou troon sal altyd voortbestaan.”Sien jy in hierdie versies verwysings na sonde, geweld en straf? God het nie vir Jesus gestuur om sy volk van die Romeinse onderdrukking te red nie. Hy het Jesus gestuur om hulle van hulle sonde te red – om óns van ons sonde te red – deur die straf wat ons verdien, op Hom te neem. Dit was God se doel.En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.