Die Perfekte Definisie van Kranksinnigheid

Johannes 8:10,11 Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?”“Niemand nie, Here,” sê sy.Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”Jy weet tog wat hulle sê: die definisie van kranksinnigheid is om dieselfde ding oor en oor te doen, en 'n ander resultaat te verwag. Dis nou malligheid, nè?Jy sal verbaas wees hoe dikwels ons presies dít doen, al weet ons dit werk nie. Hoekom doen ons dit, al weet ons dis gek? Omdat ons vasgevang is in 'n patroon van slegte gedrag. Ons noem dit 'n stimulus-reaksie-siklus, waar iets ons vinnig laat reageer en waar ons dan sonder om te dink, op dieselfde belaglike, afbrekende manier as van te vore, reageer.Ag nee wat, ons moet die siklus breek! Die Bybel het 'n woord daarvoor. Dit word ‘bekering’ genoem. Is dit ‘n effens outydse woord? Is dit vandag nog relevant? En as dit is, wat beteken dit?Jy onthou seker die verhaal van die vrou wat op heter daad betrap is waar sy owerspel gepleeg het? Hulle wou haar stenig, maar Jesus het vir haar beskuldigers gesê: “Laat die een van julle wat ‘n skoon gewete het, eerste ‘n klip op haar gooi.” Toe hulle dit hoor, stap hulle een vir een skaam weg, want hulle  het geweet dat hulle almal op een of ander manier skuldig was aan die een of ander sonde.Johannes 8: 10,11 Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?”         “Niemand nie, Here,” sê sy.         Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”Sien jy Jesus se reaksie bestaan uit twee dele? Ja, Jesus het haar vergewe. Hy sê: Ek doen dit ook nie. Dit word genade genoem; die onverdiende guns en vergifnis van God. Maar daar is 'n tweede deel - Hy sê ook: Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”Die tweede deel word bekering genoem. Dit is hierdie radikale idee dat jy nie steeds dieselfde ding kan doen en dan 'n ander resultaat kan verwag nie.Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLYSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.