Die Rykdom van God

Romeine 11:32, 33 God het almal aan die ongehoorsaamheid oorgegee, sodat Hy Hom oor almal kan ontferm. O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë! Daar is iets wonderliks wat met jou gebeur wanneer die heerlikheid van God jou hart vul. Wanneer jy in die lig van sy liefde gekoester word, is daar iets kragtig en lewensveranderend wat met jou gebeur. Al te dikwels vind ons hoe ons koponderstebo hard teen die opdraande pad uittrap, terwyl ons besig is om ons pligte na te kom... dikwels onder druk, dikwels onder dwang en soms net om kop bo water te hou. En dit is die petribakkie waarin ons sonde soos 'n gevaarlike virus vermeerder en vermeerder en gereed maak om ons van alle lewe te beroof.Gister het ons gesien dat God se liefde so groot is...… sodat Hy Hom oor almal kan ontferm. (Romeine 11:32)Hy het dinge doelbewus so beplan sodat ons nie in staat sou wees om in ons eie krag 'n sondelose lewe te lei nie. Hy het ons almal doelbewus tot ongehoorsaamheid oorgegee sodat ons die omvang van sy liefde kan ervaar deur Jesus wat gesterf het om vir ons sonde te betaal, om sy genade aan ons te bewys. Stop. Laat dit insink. Tel net jou kop vir 'n oomblik op om na hemelse dinge te kyk. Laat God toe om jou hart met sy heerlikheid te vul soos jy in sy liefde gekoester word.Romeine 11:33 O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!My vriend, God begeer dat jy Hom waarlik sal ken en dat jy die diepte van sy rykdom en sy wysheid sal ontdek. Dis hoekom Jesus gekom het. Hy het vir jou gekom. Dit is waaroor Kersfees regtig gaan.Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.