Die Verlede is Verstreke

Send us a text 2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Stel jou voor dat jy alles wat jy besit saam met jou in twee tasse moet ronddra. Soos jy meer goed koop, word hulle swaarder, en hulle word oorvol. Dan koop jy 'n rugsak, en dan ‘n skouersak. Uiteindelik trek die verskriklike vrag jou rug so krom, dat jy skaars kan asemhaal, wat nog te sê van vorentoe beur. As jy die afgelope paar dae by my kon aansluit, sal jy weet ...

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.