Dis Verby

Jesaja 43:18,19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Hier is ons, op die 31ste Desember, Oujaarsdag, die laaste dag van hierdie jaar. Sodra die oorlosie twaalfuur slaan, is dit verby. ‘Finish-en-klaar,’ afgehandel!Al is die hele jaar finaal verby, is daar baie mense wat sal toelaat dat die seerkry en mislukkings van die afgelope jaar tot in die volgende jaar, en tewens vir die res van hul lewens, hulle lewens beïnvloed. Ongelukkig is daar volgelinge van Jesus onder hulle. Selfs van diegene wat met hulle hele hart in Jesus glo.Miskien het jy onafgehandelde sake wat uit die afgelope jaar of selfs nog verder in die verlede, kom. Is daar die een of ander ding waaroor jy spyt is? Moet jy jouself daarvoor vergewe? Is daar hartseer? Miskien een of ander vorm van mishandeling, of een of ander verlies wat jou siel soos 'n donker verterende kanker vasgryp? Indien wel, dan het jy bonatuurlike krag nodig om jou vry te maak; Heilige Gees krag om die kettings wat jou bind, te breek. En hier is dit:Jesaja 43:18,19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.God het in 'n baie donker tyd van uitgerekte slawerny en ballingskap met Israel gepraat. Dit was inderdaad sy straf vir hulle afgodery, sonde en rebellie, maar Hy wou hulle weer herstel. Luister na my – nee, luister na God. Deur die krag van sy Gees: vergeet die verlede. Moenie aanhou om ou koeie uit die sloot op te grawe nie. Hy gaan 'n nuwe ding ... in jou en deur jou doen. Jy kan dit glo. Dis waar, want …Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.