En So Gaan Die Lewe Op die Ou Trant Voort

Lukas 2:40 Die Kindjie het gegroei en sterk geword, en Hy was vol wysheid, en die genade van God was op Hom. Binnekort sal Kersfees vergete wees, daardie sterretjies en rendiere op die kalender sal vervaag. Ons sal maar net almal aangaan met die lewe. Maar wat dan?Nege-en-negentig persent van die lewe – joune en myne – gaan oor ‘vasbyt en voortbeur.’ Vir die meeste van ons is dit 'n konstante ritme van 'n vyf-dag werksweek en 'n twee-dag-lange naweek. Die roetine word later vir ons ure en ure se harde werk met sulke stukkies rus tussen-in wat ons "vakansies" noem.Nouja, dit verander mettertyd, maar die meeste mense se lewens is maar slegs 'n variasie op hierdie basiese tema. Die lewe gaan aan. . . En dit was ook die geval met Jesus. Ja, ek weet Hy en sy ouers moes op God se opdrag na Egipte vlug om die kindermoord van Herodes te ontsnap. Maar sover ons weet, het die lewe hierna, op ‘n alledaagse patroon in Nasaret voortgegaan. Ons hoor bykans niks van Jesus se grootwordjare nie. Hier is een van die min verse wat na daardie tyd in sy lewe verwys: Lukas 2:40 Die Kindjie het gegroei en sterk geword, en Hy was vol wysheid, en die genade van God was op Hom.Hierdie oënskynlik onskadelike versie bevat soveel krag. Hy was in sy pa se timmermanswinkel besig om ‘n ambag te leer maar: Hy was vol wysheid, en die genade van God was op Hom.Wat het God gedoen? God was besig om Hom te seën!Ons het sekerlik almal al vervelige, onbeduidende tye in ons lewens ervaar; tye waar ons ver weg van die kalklig, as 'n vakleerling in ons eie weergawe van daardie timmermanswinkel, weggesteek was. Maar weet jy, selfs daar, ja, veral daar, kan jy weet dat God 'n plan vir jou lewe het, net soos Hy vir sy Seun gehad het!God het 'n plan om jou te ontwikkel, om jou tot volwassenheid te laat groei, om jou met wysheid te vul … om jou te seën! Dis sy plan!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.