Geen Geleentheid vir ‘n Redder Nie

Lukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. Hier is ons... alweer. Nog 'n Kersdag in 'n lang string van Kersdae. Hoe voel jy oor hierdie dag? Wat gaan jy daarmee maak?Die storie van Kersfees is 'n bekende een. Maria, deur die Heilige Gees buite-egtelik swanger, en haar verloofde, Josef (wat nie die kind se pa is nie), was albei daar in 'n stinkende, klam, winderige stal. Hoekom? Want daar was nie vir hulle plek by die herberg nie.En hoekom was daar nie vir hulle plek by die herberg nie? Omdat mense besig was om te reis; die hele wêreld was aan die beweeg. Die Romeinse regering het besluit om ‘n sensus uit te roep. Dit het vereis dat die hele bevolking na hul plek van oorsprong moes reis om getel te word.Dit is die rede waarom Maria en Josef in Betlehem was. Die ongewone toeloop van mense was die rede waarom hulle nie in ‘n herberg kon tuisgaan nie. Die besigwees van hierdie wêreld het hulle uitgestoot, selfs hul eie Verlosser misken … Hulle het Hom na die periferie van wêreldse sake gestoot; vir Hom het hulle in ‘n stal uitgestoot.Lukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.Ek wonder of dit nie vandag nog die werklikheid van Kersfees is nie. Jesus, die Verlosser van die wêreld, word uit die besige wêreld gestoot omdat niemand vir Hom plek wil maak nie.Wat beplan jy vir hierdie dag? Gaan jy die koms van 'n Verlosser wat jou van jou sonde kom red het; vir jou vergifnis gebring het en 'n nuwe, ewige lewe kom gee het, herdenk? Of is jy te besig; oorbetrokke by die dinge van hierdie wêreld?Maak plek vir Jesus.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.