God, Hoor U My?

Send us a text Psalm 86:6,7 Luister na my gebed, Here, gee tog ag op my smeekgebed. Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor. Het jy al gevoel asof almal praat, maar niemand luister nie? Jy word daagliks in hierdie deurmekaar wêreld gebombardeer deur soveel mededingende stemme; soveel opinies; soveel e-posse; soveel boodskappe. Dit kan veral in 'n tyd van beproewing, 'n baie eensame plek wees. Ons aanvaar al die tegnologiese hulpmiddels deesdae as vanselfspreke...

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.