Groot Verwagtings

Johannes 6:14,15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen. Nouja, hoe relevant is daardie gebeure van tweeduisend jaar gelede vir ons hier in die 21ste eeu? Wat de drommel het daardie geskiedenis hierdie "Kersfees" met óns te doen? Gedurende die afgelope paar dae het ons gesien hoe die mense van Israel die koms van hulle Messias, God se Seun, Jesus, na hulle toe, heeltemal misverstaan en verkeerd geïnterpreteer het. Hulle het 'n sterk koning verwag wat die Romeine vir eens en vir altyd met mag en geweld uit hul Beloofde Land sou wegdryf. 'n Messias wat hulle uit hul omstandighede sou red. Maar God was besig om iets baie groter te doen. Hy het sy Seun vir hulle gestuur om hulle van hulle sonde te red. Maar selfs nadat Jesus met groot gesag gepreek het, wonderwerke gedoen en mense genees het, het hulle steeds nie verstaan nie! Johannes 6:14,15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen. Sien jy? Hulle wou Hom steeds forseer om dié koning te wees, wat aan hulle verwagtinge voldoen; om hulle uit hulle omstandighede te red. Maar hoe het Jesus daarop gereageer? Hy het verder die berg op gegaan - Hy alleen. Hoe gereeld maak ons soos die Israeliete van ouds? God, red my van hierdie probleem. God waai u towerstaffie en los al my probleme vir my op! Toemaar, ons weet God is betrokke by ons lewens, want Hy het ons tog lief. Maar kom ons verstaan mooi: die rede waarom Jesus vir jou na die aarde gekom het, was om jou van jou sonde te red. Sodat, as jy in Hom glo, jy nie sal verlore sal gaan nie, maar die gratis geskenk van die ewige lewe sal ontvang. Asseblief, laat Hom dit … vir jou doen. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.