Hoe Is Dit Moontlik?

Johannes 3:9,14,15 Nikodemus vra Hom toe: “Maar hoe is dit moontlik?”… Moses het die slang in die woestyn hoog op 'n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê..”Een vraag wat my kort na my bekering gepla het, was wat is Jesus se rol in my verhouding met God? Waarom is daar iets soos Kersfees, hoekom ‘n Paasfees? Wel, hoekom?Dit is goed om sulke vrae te vra.Johannes 3: 9 en 14, 15 Nikodemus vra Hom toe: “Maar hoe is dit moontlik?”… Moses het die slang in die woestyn hoog op 'n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê.”Op hierdie stadium het Nikodemus, die skrifgeleerde, teruggedink aan Israel se geskiedenis in Numeri, hoofstuk 21. Israel was afvallig van God. Hy het 'n plaag van giftige slange na hulle gestuur om hulle te straf. Baie het gesterf. Maar Moses het namens Israel hulle sondes bely en God het hom beveel om 'n koperslang te maak en dit op 'n paal te sit. As 'n slang iemand sou pik, moet hy slegs na die koperslang kyk en hy sal lewe. Geen hospitale is gebou nie, geen serum is gebruik nie, geen dapper manne is gestuur om die slange dood te maak nie. Nee! Al wat van hulle moes doen, was om op te kyk, om te sien en om te glo en hulle sou gesond word.Op dieselfde manier neem Jesus ons sonde op Hom. Hy word namens ons sonde. Hy word namens ons aan die kruis, op daardie paal, geplaas vir ons sonde. En al wat ons moet doen om wedergebore te word, is nie om op 'n selfhelp-program te gaan nie, maar om na Jesus te kyk en te glo. Trouens, hoe meer ons na Christus as die gekruisigde kyk, hoe dieper word ons berou en hoe meer word ons oorweldig deur die Gees wat ons lewens vernuwe. Dit is die enigste manier om wedergebore te word, die enigste manier om die koninkryk van God binne te gaan. Laat ek jou dus vra: is jy wedergebore? Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLYSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.