Jou Voorbedagte Plan om te Sondig

Romeine 6:1,2 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe? Elkeen van ons het so een swakheid, daardie één ou krakie in ons wapenrusting, daardie één ou sondetjie … wat gereeld terugkom om by ons te spook om ons geloofsreis te ontspoor. Jy weet waarskynlik reeds wat joune is.Ek weet beslis wat myne is. Maar weet jy wat die dinamiek is, wat geneig is om homself af te speel wanneer daardie een spesifieke versoeking oor ons pad kom? Ons probeer dit vir 'n rukkie onderdruk en weerstaan, maar daardie versoeking om te skinder; daardie versoeking om so ‘n bietjie oneerlik te wees; daardie versoeking. … wat dit ook al mag wees, word sterker en sterker. Ag, en dan onthou jy skielik dat dit nie regtig saak maak nie, God gaan jou tog vergewe omdat jy in Jesus glo en net daar gee jy jouself sommer op die daad –‘n kom-uit-die-tronk-vrykaart! Dan doen jy dit! Jy het dus met voorbedagte rade besluit om toe te gee aan die versoeking. Klink dit bekend?Nee wag, kom ons kyk wat sê God se Woord:Romeine 6:1,2 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?Dit is 'n retoriese vraag, ingeval jy wonder. Hoe kan jy aanhou met jou sonde? Is dit wat God hier deur die apostel Paulus vir ons vra? Hoe kan jy, ná alles wat Ek vir jou gedoen het, deur Jesus aan die Kruis vir jou te laat sterf? Hoe kan jy dink jou gedrag is aanvaarbaar?Die genade van God in Jesus Christus is nie 'n vrypas om aan te hou sondig nie. Dit is nie ons lisensie om weer en weer aan daardie selfde versoeking toe te gee nie. Nee, ek bid dat die volgende keer wanneer jy daarop reken om jouself nog 'n voorbedagte vrypas vir sonde te gee, dat die Heilige Gees jou aan God se vraag sal herinner:Hoe kan jy?Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.