Jy Kan Daardie Bergpiek Bereik

Kolossense 3:23, 24 Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan. Wanneer laas was jy gekonfronteer deur 'n berg wat so hoog is, dat dit onmoontlik gelyk het om uit te klim? Onthou jy hoe uitdagend dit gevoel het? Jy het voor jou siel besluit dis eenvoudig onuitvoerbaar. In Mei 2016 het 'n man vir wie ek groot respek het, na my toe gekom en gesê: "Ek dink die Here roep jou om 'n daaglikse televisie-boodskap uit te saai." Dit het my presies twee sekondes geneem om tot die gevolgtrekking te kom dat dit heeltemal absurd was. Ek het hom al die redes onder die son gegee waarom ek dit nie kan doen nie … maar teen die tyd wat ons klaar gesels het, het 'n stemmetjie diep binne-in vir my gesê dat dit presies is wat ek moet doen.En hier is ons vandag, sewe en 'n half jaar later, op hierdie eerste dag van die nuwe jaar, op ons 2 500ste Fresh-boodskap. Dit behels twee en 'n half duisend idees, draaiboeke, radio-opnames, televisie-opnames … een op 'n slag.Ek vertel dit nie vir jou om te spog nie, maar om jou aan te moedig … ‘n mens neem net klein treetjies om hoë berge te klim.Kolossense 3:23,24 Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan.Ja, my vriend, die Here beplan beslis iets onmoontlik vir jou om te doen, iets vir jou om mee te begin. Wat dit ook al is, gryp dit met albei hande vas, doen dit vir die Here, een klein treetjie op 'n slag. Want jou beloning kom uiteindelik van Hom af.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.