Kom Ons Probeer Weer

Eksodus 34:6,7 Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie. Ek reken kinders en kleinkinders die sondes van vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag.” God se aard; die wese van wie Hy werklik is, kan maklik verkeerd verstaan word, omdat God Homself as 'n God van liefde en ook as 'n God van oordeel openbaar; 'n God van vergifnis en ook 'n God van straf, wat uiteindelik tot ewige verdoemenis lei.Geen wonder mense is verward nie. Geen wonder dat sommige mense Hom op grond van die oënskynlike teenstrydigheid van daardie twee verskillende aspekte van sy natuur, verwerp nie.Toe Moses destyds op die berg Sinai was en die tafels met die Tien Gebooie ontvang het, was die Israeliete, God se eie volk, besig om 'n valse afgod - 'n goue kalf - te aanbid.God was woedend en wou 'n ramp oor hulle bring. Ja, Moses was self so ontsteld dat hy die kliptafels stukkend geslaan het. Hy het egter berou gekry en vir God gesmeek om genadig te wees en om te vergewe. Daarom het God vir Moses beveel om 'n tweede keer teen die berg op te gaan … Ons sien in:Eksodus 34:6,7 Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie. Ek reken kinders en kleinkinders die sondes van vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag.”God is 'n God van geregtigheid. Ja, ons sonde maak Hom kwaad. Maar wanneer ons terugdraai, wanneer ons ons van ons verkeerde weë bekeer, vergewe Hy ons altyd. Hy is vol groot liefde. Hy kan vertrou word. Maar dié wat nie na Hom terugdraai nie, dié wat hulle nie van hul sonde bekeer nie, wel … hy vergeet nie om skuldige mense te straf nie.Die Here is 'n barmhartige en genadige God.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.