Kry Verwyte Agter die Rug

Filippense 3:12,13 Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Die meeste van ons besin sekerlik nou oor die jaar wat pas verby is … Hoe het dit gegaan? Was dit 'n goeie of 'n slegte een?Nouja … hoe het dit gegaan? Was jy suksesvol? Is jy 'n beter mens? Het jy jou doelwitte bereik, of nie? En hoe affekteer dit die wyse waarop jy oor volgende jaar voel?En hoekom is ek vandag so vol vrae? Ek wil jou herinner daaraan dat God in hierdie tyd met jou is. Hy wil 'n kragtige, positiewe rol daarin speel om jou vorentoe te lei na die toekoms wat Hy vir jou beplan het. En daar is niks beter as om met Hom te praat oor hoe ons die jaar wat pas verby is, verwerk het; en hoe ons vir die een wat kom, gaan beplan nie.Filippense 3:12,13 Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is.Dit is wat die apostel Paulus sê wanneer hy besin oor sy verlede, hede en toekoms. En die waarheid is dat nie een van ons perfek is nie. Ons het almal foute gemaak. Ons almal het nog 'n lang pad om te gaan. Vergeet dus die verlede en strek jou daarna uit om die doel wat God aan jou gestel het, te bereik. Want …Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.