Lank, Lank Gelede …

Lukas 2:5,6 Maria, sy verloofde, wat swanger was, het saamgegaan om ingeskryf te word. Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. Tweeduisend jaar gelede het Maria en Josef na Betlehem gegaan en die baba Jesus, is in 'n krip; in ‘n stal, gebore. Dit klink amper soos 'n sprokie.En weet jy wat ek dink? Ek dink dit is presies hoe die duiwel wil hê ons die Kersverhaal moet sien. Ons moet dit van 'n lekker, veilige afstand as 'n mite; 'n fabel; 'n sprokie beskou. Want as hy ons kan kry om dit te doen, sal ons die hele doel mis. En as ons die hele doel van Jesus se koms na hierdie aarde mis, dan is dit verby met ons. Dan wen die duiwel.Wat jy ook al glo, sê my, hoe beleef jy die storie van Kersfees? Raak dit jou, ontroer dit jou? Of is jy so vertroud daarmee, dat dit alledaags, ver, amper … onwerklik geword het?Die realiteit van daardie eerste Kersfees is 'n netelige een, 'n moeilike een.Lukas 2:5,6 Maria, sy verloofde, wat swanger was, het saamgegaan om ingeskryf te word. Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word.Maria was buite egtelik swanger. Die feit dat sy deur die Heilige Gees bevrug is, was tog ondenkbaar! Josef moes sekerlik verskillende pynlike emosies daaroor ervaar het; of hy nou die engel geglo het, wat hom die waarheid vertel het, of nie. Hulle het dae lank van Nasaret na Bethlehem gereis vir die baba, Jesus, om in plaasdiere se voerbak, gebore te word.Daar is geen sprokieselement hier nie, net die werklikheid van God se liefde: sy liefde vir jou. Hy het sy Seun vir jou na hierdie wêreld gestuur, om jou van jou sonde te red, om jou die gratis gawe van die ewige lewe te kom gee. Dit is waaroor Kersfees werklik gaan.En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandagDit is môre Kersfees. En my gebed vir jou en diegene vir wie jy lief is, is dat die wonder van God se liefde julle harte sal oorweldig. Ek bid dat julle weer opnuut daaraan sal dink dat Hy sy Seun gestuur het om vir julle te ly, om vir julle te sterf en om sodoende vir julle sonde te betaal. Maar, my vriend, Hy het uit die dood opgestaan om julle 'n nuwe lewe, 'n ewige lewe, te gee. Want … dit is Kersfees. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.