Moenie Mislei word Nie

Send us a text 1 Johannes 3:7 Liewe kinders, moenie dat iemand julle mislei nie: wie regverdig lewe, is regverdig soos Hy regverdig is; Om nuwe mense te ontmoet en vriende te maak, is deesdae nie so maklik nie. Die lewe het aan die eenkant óf besig en transaksioneel, óf aan die anderkant, vir baie mense, stil, geïsoleerd en eensaam geword. Maar moenie moed verloor nie, tegnologie het altyd 'n antwoord gereed. Maatsoek-toeps bestaan nog net 'n paar jaar lank, maar hulle het reeds byna '...

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.