‘n Uitroep om Hulp

Psalm 116:1,2 Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het.Daar is tye in ons lewens wat ons God se hulp baie nodig het. Ek is seker dat jy al, soos ek, vir God gesmeek het vir ‘n oplossing. Maar wat doen jy as dit lyk asof Hy nie wil antwoord nie?Net so dikwels as wat die lewe vol ongelooflike wonderlike ervarings kan wees, net so maklik kan dit ook wreed wees, nie waar nie? 'n Ma wat haar sterwende kind in haar arms hou; 'n jong man deur 'n dronk bestuurder vermink; iemand wat hulle werk verloor en uit pure desperaatheid hul eie lewe neem. Of, soos in die geval van my oorlede suster, 'n ontluikende konsertpianis, wat in haar middel twintigs met skisofrenie gediagnoseer is en die res van haar lewe deur die trauma van geestesongesteldheid geteister is.As ons met sulke tragedies gekonfronteer word, bid ons keer op keer tot God. Soms antwoord Hy, ander kere is daar 'n oorverdowende stilte.Psalm 116:1,2 Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het.Hierdie woorde voel verkeerd! Dit kan so seermaak om so iets in die Bybel te lees as God jou gebede nie beantwoord het nie. Wat doen jy nou? Hoe reageer jy?In die geval van my suster, het ek en my ma oor baie dekades vir God gesmeek vir haar genesing. Sy is nooit genees nie, maar ons het die antwoord uiteindelik gekry: Vertrou in elk geval op God. Glo Sy Woord.'n Joodse gevangene het op sy selmuur in die konsentrasiekamp van Keulen geskryf:Ek glo in die son, selfs al skyn dit nie.Ek glo in liefde, selfs al sien ek dit nie.En ek glo in God, selfs al is Hy stil.God luister. God is hier. Vertrou op Hom.Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLYSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.