Om God se Nabyheid te Begeer

Eksodus 33:18-20 Toe vra Moses: “Kan ek nie maar u heerlikheid sien nie?” Die Here sê vir hom: “Ek sal jou iets van my goedheid laat sien en Ek sal jou my stem laat hoor wanneer Ek my Naam ‘die Here’ uitroep. Ek gee genade aan dié wat Ek wil, en ontferming aan dié wat Ek wil.” Hy sê toe vir hom: “Jy durf nie my gesig sien nie. Geen mens sal bly leef as hy sien hoe die Here lyk nie.” (NLV) Elkeen van ons het 'n hunkering na betekenis. Baie mense begeer dit, maar hulle sukkel om daardie betekenis vas te vat. Dit is uiteindelik net ‘n groot verlange, ‘n verlange na iets wat heilig is. . . Ek het vir baie jare gesmag na daardie vervulling. Ek het oral daarna gesoek, maar niks kon daardie honger in my hart stil nie. Dit is die soort verlange wat Moses, een van die Ou Testamentiese geloofshelde, ook ervaar het.Eksodus 33:18-20 Toe vra Moses: “Kan ek nie maar u heerlikheid sien nie?” Die Here sê vir hom: “Ek sal jou iets van my goedheid laat sien en Ek sal jou my stem laat hoor wanneer Ek my Naam ‘die Here’ uitroep. Ek gee genade aan dié wat Ek wil, en ontferming aan dié wat Ek wil.” (NLV)Hy sê toe vir hom: “Jy durf nie my gesig sien nie. Geen mens sal bly leef as hy sien hoe die Here lyk nie.”Moses het God se teenwoordigheid begeer. Hy wou God sien, God ervaar, God ken. Maar God het geweet dat niemand, nie eers sy dienaar Moses, dit sou oorleef om sy gesig te sien nie. God het dus vir hom iets minder gewys – sy liefde, sy genade - sy volmaakte goedheid. . . maar nie sy aangesig nie.God het self sy eie naam uitgeroep – die Here; YAHWEH. En dit was 'n naam wat die Israeliete nie eers hardop durf sê nie, want dit was te heilig!God was verhewe en ver weg, tot op die dag wat… Jesus aarde toe gekom het. Tot op daardie dag toe ons drie-enige God as 'n man in ons midde kom wandel het, en Jesus kon sê: Wie My sien, sien die Vader.."Weet jy, dat indien jy daardie diep verlange het, daardie verlange wat vir 'n leeftyd onvervuld was, is die antwoord: God. En nou … kan jy sy gesig sien - Jesus.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.