Verwerk die Verlede

Send us a text 2 Korintiërs 7:10 want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Daarteenoor lei wêreldse hartseer tot die dood. (NLV) Oor net 'n paar dae gaan ons kalender oorskakel na 'n nuwe jaar. Nou wel, in werklikheid is dit maar net nog 'n dag. Maar die idee van nog 'n jaar wat wegglip, is geneig om ons gedagtes te prikkel. In hierdie doodsnikke van die ou jaar dink ons dikwels aan die jaar wat verby is...

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.