Volwasse Denke

Filippense 3:14-16 Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee. Almal van ons wat geestelik volwasse is, behoort hierdie doel te hê. As daar enigiets is waaroor julle anders dink, sal God ook dít vir julle duidelik maak. Nietemin, laat ons aanhou loop op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het. Het jy al opgelet dat hoe meer jy jouself inspan om iets te doen wat die moeite werd is, hoe meer is jy geneig om versigtiger en stadiger te raak. Ja, jy word selfs 'n bietjie rustiger; jou gedagtes dwaal so maklik ... en dan kom jy tot stilstand...Gister het ons gesels oor die apostel Paulus se kragtige raad, oor hoe ons die res van ons tyd op hierdie aarde behoort te leef ... Filippense 3:14 Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee.Maar weet jy, om voluit te hardloop is harde werk wanneer jy jou kruis opgeneem het om Jesus te volg. Maar net ingeval jy lus kry om jou pas te vertraag, kyk wat skryf Paulus nog in:Filippense 3:15,16 Almal van ons wat geestelik volwasse is, behoort hierdie doel te hê. As daar enigiets is waaroor julle anders dink, sal God ook dít vir julle duidelik maak. Nietemin, laat ons aanhou loop op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het.Wie moet na die wenpaal haas? Almal van ons wat geestelik volwasse is! Miskien maak God nou vir jou iets duidelik. Miskien is dit die Heilige Gees wat jou aanmoedig om gedurende die nuwe jaar aan te hou met die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het.Die realiteit is dat wanneer jy nie vorentoe beur nie, en nie voluit na die prys, wat in Christus reeds joune is nie, hardloop; dan gly jy agteruit. Jy beweeg na die gebied waar die duiwel, wat gekom het om jou te beroof, jou keer op keer sal aanval. Leef voort en volg die waarheid wat jy reeds ken. Hardloop voluit na die wenstreep!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.