Wanneer Dit Reën

Matteus 1:18-21 Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus.Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal ‘n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”Toe ek vanoggend vroeg in my studeerkamer sit en hierdie boodskap voorberei, sien ek deur my venster hoe dit reën. Dit het my laat dink.Wanneer jy by die voordeur uitstap en ‘n koue wind waai terwyl die reën neersak ... is dit nie glad nie lekker nie, nè?Nee, ons hou van sonskyndae. Ons verkies die maklike lewe. As ons eerlik wil wees, wil ons alles op ‘n goue skinkbord kry. Maar die lewe is nie so eenvoudig nie. En weet jy dat dit ook nie daardie eerste “Kersfees” maklik was nie? (Nou nie dat dit destyds Kersfees genoem is nie.)Matteus 1:18-21 Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus. Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal ‘n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”Miskien is die omstandighede hierdie Kersfees, ver van ideaal. Dit lyk asof ander mense ‘n wonderlike tyd ervaar, en jy wonder waaroor hierdie Kersfees gaan?Dit gaan hier oor God se liefde vir jou, wat so groot is, dat Hy te midde van omstandighede wat alles behalwe ideaal was, sy Seun, Jesus gestuur het, om jou van jou sonde te red.Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLYSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.