Wanneer ons Waag

2 Tessalonisense 3:3,4 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar. Verder gee die Here ons sekerheid oor julle, dat julle dit wat ons vra, doen en sál doen (NLV).Die nuwe jaar is 'n wonderlike geleentheid om weg te draai van die een ding in jou lewe wat jy weet verkeerd is. Maar net wanneer jy in geloof jou rug daarop keer, lê die ou duiwel reg om in te spring.Ons praat hier van bekering. Dit beteken om op te hou om dít wat ons weet verkeerd is, te doen. Raak ontslae van daardie klippie in jou skoen wat jou die hele tyd laat struikel. Die besluit om God bo alles in jou lewe te stel, is 'n radikale stap. Een wat nie ongemerk in die koninkryk van duisternis sal verby gaan nie. Moenie 'n fout maak nie, as jy jou met ‘n opregte hart van die sonde bekeer, tree die duiwel in. Hy sal jou meer as gewoonlik pla. Dis net hoe dit werk. Maar kyk wat staan in:2 Tessalonisense 3: 3 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar.Die getrouheid van God is die enigste ding in hierdie wêreld wat ons nooit sal teleurstel nie, want dit misluk nooit nie. God se getrouheid is rotsvas en ewig. En as Hy sê - soos Hy hier deur sy Woord sê - dat Hy jou die krag sal gee en jou teen die Bose sal beskerm, dan is dit presies wat Hy sal doen. Trouens, die apostel Paulus gaan voort in:2 Tessalonisense 3: 4 Verder gee die Here ons sekerheid oor julle, dat julle dit wat ons vra, doen en sál doen.Hier aan die begin van die nuwe jaar is die gulde geleentheid om jou van die een ding in jou lewe, wat jy weet verkeerd is, te bekeer. Neem die uitdaging aan met die volle vertroue, dat God jou krag sal gee en jou sal beskerm as die duiwel jou op sleeptou wil neem.Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar.Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLYSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.