Wat Verwag Jy?

Miga 5:1 Maar jy, Betlehem-Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug, in die gryse verlede! Sal jy omgee as ek jou vandag ‘n persoonlike vraag vra? Hoe voel jy? Wat gaan in hierdie tyd voor Kersfees in jou hart aan? Waarmee is jy besig? Het jy spesifieke verwagtinge? Waarop hoop jy?In die aanloop tot daardie eerste Kersfees – ja, toemaar ons weet dit was nie destyds as Kersfees bekend nie - het die Israeliete se emosies en gemoedere wipplank gery…. Sedert hulle terugkeer uit ballingskap in Babilon in 518 v.C., met die uitsersondering van ‘n honderd jaar van ongeveer 164 tot 63 v.C. tydens die Makkabese opstand, was hulle land deur die vyand beset. Op hierdie stadium in hulle geskiedenis wou hulle hê dat God hulle van die wrede Romeinse besetting moes verlos. Hulle wou 'n Verlosser hê, daardie Messias wat Hy hulle eeue tevore belowe het. Maar … daar was ‘n probleem.God het stil geword. Hy het vir eeue lank nie deur enige profete met Israel gepraat nie. Hulle was moedeloos. Wanneer sou hulle Messias dan kom? Was hulle nie God se uitverkore volk nie? Maar God het 'n plan gehad … en sy plan was heeltemal anders as wat hulle begeer het.Miga 5:1 Maar jy, Betlehem-Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug, in die gryse verlede!God se plan was om op ‘n onwaarskynlike plek, op die mees ondenkbare wyse, ‘n Verlosser vir hulle te gee. Alhoewel Hy vir eeue stil was, was dit tyd vir die Leeu om te brul … maar toe kom na Hy na die aarde toe soos 'n lam; 'n baba in 'n stal.Dit is glad nie wat hulle verwag het nie. Maar Hy was baie groter as wat hulle ooit sou kon dink. God het Jesus, die Verlosser van die wêreld, vir hulle gestuur. God het Jesus, die Verlosser van die wêreld, spesiaal vir jóú gestuur.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.