Word Vrygemaak

Send us a text Filipense 4:13 Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Daar kom 'n tyd vir ons almal wanneer ons voel asof ons op dieselfde ou plek vasgevang is, in daardie selfde ou groef. Niks verander ooit nie. Jy staan botstil. Jy beweeg nie vorentoe na die nuwe dinge waarvan jy droom nie. Dit kan vir ander mense lyk asof jou omstandighede absoluut perfek is – jy’t 'n goeie werk, goeie gesondheid, ‘n gelukkige gesin – al die dinge wat, in teorie, 'n goeie lewe vert...

Om Podcasten

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.